Archive for the tag 'Herbs'

admin

Gebruike en kweek van Mint

Familie: Lamiaceae

Genus en spesie:

Mentha piperita (Peppermint), Mentha spicata (Spearmint), Mentha suaveoloens (Appel mint).

Mint is afkomstig uit die Griekse mitologie en is vernoem na die karakter Minthe. Volgens die mitologie was Minthe of Menthe soos sy ook bekend gestaan het, ‘n riviernimf. Hades, die god van die onderwerêld, het verlief geraak op Minthe en wou haar as sy minares hê. Persephone, Hades se vrou, het egter daarvan uitgevind en het Minthe in ‘n plant verander, sodat elkeen wat oor haar loop haar sal vermorsel. Hade’s was magteloos om die spel te breek, maar kon egter vir Minthe ‘n geurige aroma gee sodat hy haar kon ruik en van haar bewus kon wees wanneer mense oor haar loop.

clip_image002Groeibeskrywing:

Mint is ‘n meerjarige grondbedekker wat baie vinnig groei. Indien dit nie versorg word nie, kan dit maklik te welig groei en beddings oorneem. Stingels sal orals waar dit aan die grond raak wortels vorm.

Gebruike:

Mint word in potte of as ‘n grondbedekker vir ‘n aangename reuk aangeplant.

Gehardheid:

Kouebestand. Plant in die volle son of gedeeltelike skadu.

Grondtipe:

Mint hou van klam grond wat effens suur is.

Voortplanting en aanplanting:

Gebruik aangekoopte saad, stiggies of sytakkies met wortels. Saad moet vroeg in die lente gesaai word.

Hoogte en wydte:

Hoogte is 30 x 40 cm. Mint is ‘n grondbedekker wat vinnig sywaarts groei en amper onbeperk kan uitbrei.

Oes:

Plante is ongeveer 2 maande na ontkieming gereed vir oes. Indien die plante nie gereëld ge-oes word nie, moet die stingels gesnoei word om lank en slordige groei te voorkom.

Peste en plae:

Mint kry dikwels roes (roes kan gesien word as klein oranje kolletjies aan die blare se onderkant). Witvlieg, rooispin, luise en wolluis kan ook voorkom.

Pietersielie – gebruike en kweek van Pietersielie.

(Engels: Parsley)

Familie: Apiaceae

Genus en spesie: Petroselinum crispum

clip_image002Groeibeskrywing:

Pietersielie is ‘n tweejarige kruid. Blare is heldegroen en blommetjies is klein en geel-groen van kleur.

Gebruike:

Pietersielie is wêreldwyd die gewildste krui om ‘n vars smaak aan kos te verleen. Pietersielie word as garnering en vir geur gebruik in veral sop, vleis, vis, groente en slaai. Pietersielie moet dan ook vars en pas-gepluk wees wanneer gebruik.

‘n Vars takkie Pietersielie is blykbaar ook net die ding vir ‘n drank of knoffelasem!

Pietersielie word diksels as ‘n aantreklike grondbedekker aangeplant.

Inname van die blare, wortels, olie en saad van Pietersielie word gebruik om inflammasie teen te werk, galstene te voorkom, vir prostaatprobleme en vir verligting van artritis. Aangesien uitermate groot inname van Pietersielie se saad en olie nadelig kan wees (bv kan lei to aborsie en nier- sowel as lewerversaking) moet medisinale gebruik van die saad en olie slegs onder die toesig van ‘n kundige plaasvind.

Gehardheid:

Pietersielie aard goed in koeler gebiede en kan direk in die son of in gedeeltelike skadu gekweek word.

Grondtipe:

Pietersielie verkies vrugbare grond met genoeg voedingstowwe. Kan ook suskesvol in groot potte geplant word.

Voortplanting en aanplanting:

Saad vat lank om te ontkiem (ongeveer een maand) en ontkiem soms moeilik. Dit help om die saad vir ‘n paar uur in ‘n yskas te plaas en dan oornag in warm water te week. Saai saad gedurende die lente in rye ongeveer 30 cm van mekaar (of in potte).

Hoogte en wydte:

Afhangende van die variteit is die hoogte en wydte ongeveer 35 x 25 cm.

Oes:

Plante is ongeveer 3 maande na ontkieming gereed vir oes. Met oes moet nie meer as 1/3 van die plant verwyder word nie.

Bladsye besigtig: 736380