Sep 4th, 2008
Plant van die week – Gewone Koraalboom (Erythrina lysistemon)
Botaniese naam
Erythrina lysistemon (Familie: Fabaceae).
Gewone naam
Gewone koraalboom
Groeibeskrywing
Medium tot groot vinniggroeiende bladwisselende sierboom met yl verpreide takke. Blare is saamgestel met 3 blaartjies. Die bloedrooi blomme is vroeg in die lente baie opvallend. Peule is neerhangend, lank, dun en gesegmenteer met giftige sade. Hout is sag.
Tuinplasing
Plaas as ‘n eksemplaarboom of tussen ander bome en struike. Aangesien die Koraalboom nie ‘n digte skaduwee het nie, sal grassoorte en plante wat hou van gefilterde lig goed onder die Koraalboom aard.
Blomme
Helderrooi blomme in kompakte trosse aan die takeindpunte oortrek die boom vroeg in die lente. Hierdie blomme verskyn voor die blare en maak van die Koraalboom gedurende Augustus/September ‘n opvallende en pragtige boom in ‘n andersins oorwegend vaal landskap. Die blomme is ryk aan nektar en lok baie voëls.

Hoogte en wydte
10m x 6m
Gehardheid
Slegs gedeeltelik kouebestand.
Voortplanting
Plant voort deur middel van saad en hardehout stiggies. Selfs dik stompe kan maklik wortels ontwikkel.
Land van oorsprong



