Archive for the tag 'kouebestand'

Next page
admin

Gebruike en kweek van Mint

Familie: Lamiaceae

Genus en spesie:

Mentha piperita (Peppermint), Mentha spicata (Spearmint), Mentha suaveoloens (Appel mint).

Mint is afkomstig uit die Griekse mitologie en is vernoem na die karakter Minthe. Volgens die mitologie was Minthe of Menthe soos sy ook bekend gestaan het, ‘n riviernimf. Hades, die god van die onderwerêld, het verlief geraak op Minthe en wou haar as sy minares hê. Persephone, Hades se vrou, het egter daarvan uitgevind en het Minthe in ‘n plant verander, sodat elkeen wat oor haar loop haar sal vermorsel. Hade’s was magteloos om die spel te breek, maar kon egter vir Minthe ‘n geurige aroma gee sodat hy haar kon ruik en van haar bewus kon wees wanneer mense oor haar loop.

clip_image002Groeibeskrywing:

Mint is ‘n meerjarige grondbedekker wat baie vinnig groei. Indien dit nie versorg word nie, kan dit maklik te welig groei en beddings oorneem. Stingels sal orals waar dit aan die grond raak wortels vorm.

Gebruike:

Mint word in potte of as ‘n grondbedekker vir ‘n aangename reuk aangeplant.

Gehardheid:

Kouebestand. Plant in die volle son of gedeeltelike skadu.

Grondtipe:

Mint hou van klam grond wat effens suur is.

Voortplanting en aanplanting:

Gebruik aangekoopte saad, stiggies of sytakkies met wortels. Saad moet vroeg in die lente gesaai word.

Hoogte en wydte:

Hoogte is 30 x 40 cm. Mint is ‘n grondbedekker wat vinnig sywaarts groei en amper onbeperk kan uitbrei.

Oes:

Plante is ongeveer 2 maande na ontkieming gereed vir oes. Indien die plante nie gereëld ge-oes word nie, moet die stingels gesnoei word om lank en slordige groei te voorkom.

Peste en plae:

Mint kry dikwels roes (roes kan gesien word as klein oranje kolletjies aan die blare se onderkant). Witvlieg, rooispin, luise en wolluis kan ook voorkom.

Gewone naam

Peace Lilly

Groeibeskrywing

clip_image002

Spathiphyllum het ovaalvormige gepunte blare wat vanaf die grondoppervlak of net bo die grond uitgroei. Die blare is groot en glansend donkergroen.

Blom in die lente. Blomme is kelkvormig, groot en wit. Die kleur verbleik soos die blom ouer word. Blomme bly vir ‘n lang periode mooi. Onder ideale omstandighede kan plante twee keer per jaar blomme vorm. Blomvorming is swak indien plante nie genoeg voeding kry nie. Blomme is meestal wit, maar kleur verskil tussen variteite.

Plasing

Spathiphyllum moet in die skadu op beskutte plekke geplant word. Is ideale huisplante wat nie in direkte sonlig geplaas mag word nie. In warmer gebiede is die ‘Peace Lilly’ treffend wanneer in plate aangeplant word.

Grondtipe, besproeiing en bemesting

Plant in goed gedreineerde grond met baie kompos. Gee matige hoeveelhede water.

Floreer op bladvoeding. Vloeibare bemesting kan elke tweede week toegedien word.

Gehardheid

Verkies donker areas of gefilterde lig. Nie kouebestand nie. Moet in ‘n vogtige klimaat gekweek word.

Verspreiding

Inheems in Amerikaanse reënwoude.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van verdeling wat in die lente moet plaasvind.

clip_image002

Naam

Die genusnaam is afgelei van die Griekse woord phormos wat ‘mandjie’ beteken. Die blare word gebruik om mandjies mee te vleg.

Groeibeskrywing

Dekoratiewe meerjarige miniatuur vlas met stywe, rooi/groen gestreepte blare wat ongeveer 60cm lank is.

Hierdie vlasse is baie kleiner as die meer algemene vlas (Phormium tenax). Laasgenoemde is baie groter met blare wat tot 3m lank word.

Blomme

Blomme is nie baie indrukwekkend nie.

Tuinplasing

Pragtige klein eksemplaarplante. Plant in groepe van 3 of meer in volle son of gedeeltelike skadu.

Hoogte en wydte

0,6m x 0,6m

Land van oorsprong

Nieu-Seeland.

Gehardheid

Kouebestand

Voortplanting

Plant voort deur middel van verdeling.

Botaniese naam

Festuca glauca

Groeibeskrywing

Ornamentele klein immergroen polvormige gras. Silwer en groen soorte kom voor.

clip_image002

clip_image004

Blomme

Onopvallende blommetjies wat gedurende die somer gedra word.

Tuinplasing

Kan in die son of gedeeltelike skadu aangeplant word. Vertoon mooi aan randte van beddings, in rotsbeddings of tussen loopstene. Wortels sal verrrot indien die grond swak gedreineer is. Aard goed in feitlik enige tipe grond behalwe waar dreinering swak is.

Hoogte en wydte

10 x 10 cm.

Land van oorsprong

Europa.

Gehardheid

Kouebestand. Moet in die son of gedeeltelike skadu geplant word.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van herverdeling.

Botaniese Naam

Osteospernum

Gewone naam

Madeliefie

Blomme en groeibeskrywing:

clip_image002

Hierdie is immergroen meerjarige grondbedekkers van ongeveer 15 cm hoog wat laat in die winter en gedurende die lente blom. Blomperiode is etlike maande.

Tuinplasing:

Plant in volle son. Vertoon mooi as grondbedekkers in beddings. Plant plantjies ongeveer 25 cm vanaf mekaar.

Gehardheid:

Plant in die volle son. Rypbestand en groei in feitlik enige tipe grond.

Voortplanting:

Groei maklik van saad en stiggies.

Land van oorsprong:

flag-of-south-africa1

Kontak Dr Koos Henning (Plant en grond konsultant) by florcom@icon.co.za vir tuinuitlegte, beddingontwerpe en plantkeuses.

Next page

Bladsye besigtig: 736383