Aug 8th, 2008
Plant of the week – Madonnalelie
Eucharis grandiflora (Amaryllidaceae) – Die genusnaam Eucharis is afgelei van ‘n Griekse woord wat ‘aangenaam’ en ‘bekoorlik’ beteken.
Tuinplasing:
Plant in gedeeltelike skadu op ‘n beskutte plek. Vertoon baie mooi op some van beddings. Ook gewild as binneshuise potplante.
Groeibeskrywing:

Immergroen bolplant met 400 tot 600mm lang blomstele.
Blomme:
Mooi affodilagtige wit blomme. Blom in tuine vroeg in die lente. Waar hulle in kweekhuise vir snyblomme gekweek word, word temperature kunsmatig beheer ten einde konstante blomvorming te verseker.
Gehardheid:
Aard goed in warm en gematigde klimaatsones.
Voeding en besproeiing:
Plant in grond wat maklik dreineer en gee genoeg water.
Voortplanting:
Verplant maaklik. Vermeerder met nuwe bolle wat gevorm word.
Land van oorsprong:
Tropiese Amerika


