Let asb daarop dat hierdie ‘n algemene program is. Ten einde ‘n akkurate program te bereken moet die huidige voedingstatus van die grond bekend wees, asook die kwaliteit van die water wat vir besproeiing gebruik word. Ten einde hierdie inligting te bekom moet ‘n analise van die groeimedium en besproeiingswater gedoen word (sien ons advertensie-afdeling vir meer inligting oor laboratoriums wat hierdie analises kan doen).
1. Strooi 15 gram KAN per vierkante meter na die eerste goeie lentereëns.
2. Strooi 30 gram 5:1:5 per vierkante meter gedurende Desember.
3. Strooi 30 gram 2:3:4 per vierkante meter gedurende Maart.
Gedurend jare met ‘n hoë reenvalsyfer of in gebiede met hoë reenval kan ‘n tweede toediening van 15 gram KAN per m2 toegedien word. Hierdie toediening moet gedurende ‘n nat maand plaasvind en moet nie oorvleuel met die maande waartydens bogenoemde drie toedienings plaasvind nie.
Op goed gedreineerde sanderige grond kan bogenoemde hoeveelhede met 5 gram per vierkante meter vermeerder word; op swak gedreineerde kleierige grond moet bogenoemde hoeveelhede met 5 gram per vierkante meter verminder word. Wees versigtig om nie die voorgeskrewe hoeveelhede te oorskrei nie – te veel kunsmis sal verbranding van die gras veroorsaak.
Indien grondanalises daarop wys dat die grond se pH onder 6 is, moet kalk toegedien word. Die hoeveelheid en tipe kalk sal deur die analise bepaal word.
Besproeiing moet dadelik na toediening van die kunsmis plaasvind.
What to read in the name of your granular fertiliser?

An example of the many products available is 2:3:4(37)

The fertiliser in this example contains two parts Nitrogen, 3 parts phosphate and 4 parts potassium. The concentration is 37% (37% of the content is nutrients, 63% is inert).
(see summary for English)
Klik hier indien jy meer oor grond se pH wil weet.
Ons sien dikwels in tuine met kleierige of alkaliese grond dat jong groei lig van kleur en selfs geel word. Hierdie vergeling (chlorose) is heel waarskynlik die gevolg van ‘n tekort aan yster (Fe) wat deur ‘n te hoë pH veroorsaak word.
Kyk na ons skyfiereeks ‘The nutrients’ indien jy die simptome van ystertekort wil sien.
Ystertekorte ontstaan meestal indien die grond swak gedreineerd is en/of indien die pH te hoog is.
Ystertekorte kan dus reggestel word deur:
- Die grond beter te dreineer. Maak seker dat beddings goed omgespit word en werk groot hoeveelhede kompos of organiese materiaal soos boombas in die grond in.
- Die pH reg te stel. Indien die pH te hoog is, kan klein hoeveelhede blomswael in die grond ingewerk word.
Dit is raadsaam om die pH van jou grond by ‘n laboratorium te laat bepaal. Die laboratorium kan dan, op grond van die analise, bereken hoeveel swael nodig is om die pH tot by die regte waarde te verlaag. In sanderige grond sal ongeveer 50 gram blomswael per vierkante meter voldoende wees. In kleierige grond sal meer swael nodig wees. Strooi die swael oor die bogrond en spit in.
Summary:
Production of healthy plants will be possible if you remember the following tips:
- Most gardens prefer a pH value of 7 or just below neutral. The young leaves will be yellow if the pH is too high. Give dolomitic lime if the pH is too low and lime sulphur if the pH is too high.
- Phosphate is needed for good flower development. Phosphate is not soluble and the best is to fork it deep into the soil before planting.
- Flowering plants need potassium for the production of thick stems and big flowers.
- Nitrogen is needed for vigorous growth and a healthy and glossy appearance of the leaves.
- Plants need during the vegetative growth stage more nitrogen and less potassium. During flowering or fruit bearing periods plants need more potassium and less nitrogen.
- Flowers need calcium for a good vase life and to make the plants more resistant to diseases.
- Magnesium is needed for a glossy appearance of the older leaves.
- Your garden needs compost to improve the physical characteristics of the soil and also to supply the plants with the trace elements. It is however important to use good quality compost.
- Never apply fertilizers on a dry soil and always irrigate immediately after the application of granular fertilizers.