Archive for the tag 'Plant'

Next page

Botaniese naam:

Dracaena hookeriana (Dracaenaceae).

Gewone naam:

Dragontree.

clip_image002Groeibeskrywing

Die Dragontree is ‘n aantreklike loofplant met meestal net een stam. Lang donkergroen blare is afwisselend gerangskik. Meer as een stam kan ontwikkel indien die hoofstam afgesny word.

Die onderste blare word geel met veroudering en moet dan verwyder word.

 

 

Blomme en vrugte

clip_image004Die trosse klein onopvallende blommetjies verskyn tussen November en Februarie. Die vrugte is aantreklik, lok voëls en is gewoonlik einde Februarie ryp.

Tuinplasing

Plaas as ‘n eksemplaarplant op ‘n beskutte plek in die skadu. Vertoon ook mooi as ‘n houerplant in die skadu.

Hoogte en wydte

2m x 1,5m

clip_image006

Land van oorsprong

 

 

Gehardheid

Die Dragontree is nie kouebestand nie en hou nie van direkte sonlig nie.

Voortplanting

Plant maklik voort deur middel van saad en/of stiggies. Ryp saad ontkiem binne vier weke nadat dit ge-oes en op ‘n vogtige groeimedium geplaas is. Saailinge groei redelik vinnig.

(Fotos is in Florcom se demonstrasietuin in Nylstroom geneem).

Gewone naam

Bloukappie

clip_image002

Groeibeskrywing
Die Bloukappie is ‘n besonder aantreklike, digte, vinnig groeiende immergroen struik wat tot 3 meter hoog word.

clip_image004

Blomme
Die Bloukappie word gekenmerk deur massas rooi-pers blomme wat dwarsdeur die jaar gedra word. Skoenlappers word deur die blomme gelok.

Tuinplasing
Die Bloukappie kan enkelstaande of in ‘n gemengde tuin geplant word. Ook geskik om as ‘n heiningplant of skerm te dien. Snoei gereëld indien as ‘n heiningplant gebruik word.

Hoogte en breedte
3m x 3m

Gehardheid
Die Bloukappie is bestand teen ligte ryp en moet in die son groei. Die Bloukappie is nie droogtebestand nie en gereelde water is noodsaaklik.

Land van oorsprong

clip_image005

Voortplanting
Plant maklik voort deur middel van saad.

Ander Polygala spesies
Polygala virgata (Purple broom) is ‘n aantreklike klein (2 x 1m) struikie. Hierdie struikie is kleiner en yler as die Bloukappie.

admin

Bonsai: Oscoba spinosa

Gewone naam

Snuifkalbassie / Snuff-Box Tree

(Kalbassies word van die vrugte gemaak. Die kalbassies, waarin snuif geberg word, word deur die plaaslike bevolking om die nek gedra).

Fried Egg Tree

Fried Egg Tree

Fried Egg Tree (Wanneer die blomme van die plante afval lyk die blomme baie soos gebakte eiers).

Groeibeskrywing

In die natuur is die Snuifkalbassie ‘n stadig groeiende kleinerige struik van ongeveer 3m hoog wat dikwels meerstammig is en in die volle son groei. Die blare is haarloos, enkelvoudig, medium groot, dun en ovaalvormig. Blaarrande is fyn getand. Die Snuifkalbassie kan ook as ‘n heiningplant gebruik word.

Blomme en vrugte

clip_image004Blom gedurende die lente en somer. Blomme is ongeveer 6cm in deursnit en spierwit. Skoenlappers word deur die blomme gelok.

Vrugte is rond, hard, donkerbruin en glad. Inhoud van die vrugte is eetbaar, maar word agv onaangename smaak selde geëet. Groot hoeveelhede klein saadjies word in die vrug aangetref.

Hoe om ‘n bonsai van die Snuifkalbassie te maak

Die boompie op die fotos is vanuit Johan en Berrie Ras se versameling (Hulle kan geskakel word by 082 545 8683 of 014 7362682).

Hierdie boompie is ongeveer 20 jaar gelede as ‘n klein struikie by ‘n kwekery gekoop. Die Snuifkalbassie kan ook vanuit saad geweek word.

Ten einde die stam te help om vinniger te verdik was die wortels vir 4 jare toegelaat om uit die houer in die grond in te groei. Die wortels wat onder die houer uitgegroei het, is daarna teruggesnoei. Die boompie is verder gevorm deur aanhoudende uitbreek en snoei van nuwe groei.

Land van oorsprong

clip_image005

Voortplanting

Plant voort deur middel van saad.

Fotos kom vanaf Florcomgardens se demonstrasietuin in Nylstroom.

Kliek telkens op plantname vir meer inligting.

foto1txt

Foto A: (Kliek op foto vir ‘n groter beeld)

2: Hen-en-kuikens

10: Wildepiesang

8: Schefflera arboricola

9:Madagaskarpalm (Pachypodium)

7:Poniestert

Let by al die fotos op na die verskeidenheid in blaarkleur, vorm en grootte.

foto2x

Foto B: (Kliek op foto vir ‘n groter beeld)

1: Cycas revoluta

2: Hen-en-kuikens

3: Cyca thouarsii

4: Dragontree (Dracaena hookeriana)

5: Yucca (maak seker dat ‘n variteit met sagte blaarpunte geplant word)

6: Luiperdboom

foto3txt

Foto C: Kliek op foto vir ‘n groter beeld

12: Festuca

2: Hen-en-kuikens

4: Dragontree (Dracaena hookeriana)

13: Philodendron selloum

11: Encephalartos lebomboensis

8: Schefflera arboricola

By Florcomgardens se demonstrasietuin in Nylstroom verskaf plante met verskillende blaargroottes, kleur en vorm ‘n subtropiese omgewing aan ‘n paadjie wat na die woonhuis se voordeur lei. Gebruik gerus ons idees om aan die paadjies in jou tuin ‘n besondere effek te gee. Hou in gedagte dat die minimum temperatuur by Florcomgardens se tuin gedurende die winter net bo vriespunt is.

Die fotos wys slegs op enkele moontlikhede. Gaan gerus deur ons plante van die week en lees meer oor vele ander plantspesies wat jou paadjies kan verfraai.

Kontak Dr Henning by drhenning@florcom.co.za vir meer inligting oor plantkeuses, plantkombinasies, tuinuitlegte, bemesting, grondvoorbereiding en inligting oor plae en siektes. Koste verbonde aan ‘n aanbeveling is vanaf R50 (indien die koste meer as R50 is, sal ‘n kwotasie vooraf verskaf word).

clip_image002

Naam

Die genusnaam is afgelei van die Griekse woord phormos wat ‘mandjie’ beteken. Die blare word gebruik om mandjies mee te vleg.

Groeibeskrywing

Dekoratiewe meerjarige miniatuur vlas met stywe, rooi/groen gestreepte blare wat ongeveer 60cm lank is.

Hierdie vlasse is baie kleiner as die meer algemene vlas (Phormium tenax). Laasgenoemde is baie groter met blare wat tot 3m lank word.

Blomme

Blomme is nie baie indrukwekkend nie.

Tuinplasing

Pragtige klein eksemplaarplante. Plant in groepe van 3 of meer in volle son of gedeeltelike skadu.

Hoogte en wydte

0,6m x 0,6m

Land van oorsprong

Nieu-Seeland.

Gehardheid

Kouebestand

Voortplanting

Plant voort deur middel van verdeling.

Next page

Bladsye besigtig: 736395