Plant van die week – Sterjasmyn (Trachelospermum jasminoides)
Gewone naam: Sterjasmyn (Star jasmine, Chinese jasmine). Tuinplasing: Die sterjasmyn is ‘n klimplant of grondbedekker wat immergroen is en so te sê op enige plek aard. Ideaal as grondbedekker vir groot sonnige of halfskadu areas. Groeibeskrywing: Aantreklike slingerplante wat vinnig groei, gehard en immergroen is. Blomme: Welriekende stervormige wit blomme wat 20mm in deursnit is. […]