Jan 22nd, 2009
Plant van die week – Sterjasmyn (Trachelospermum jasminoides)
Gewone naam:
Sterjasmyn (Star jasmine, Chinese jasmine).
Tuinplasing:
Die sterjasmyn is ‘n klimplant of grondbedekker wat immergroen is en so te sê op enige plek aard. Ideaal as grondbedekker vir groot sonnige of halfskadu areas.
Groeibeskrywing:
Aantreklike slingerplante wat vinnig groei, gehard en immergroen is.

Blomme:
Welriekende stervormige wit blomme wat 20mm in deursnit is. Die blomme word vanaf Oktober tot Desember gedra.

Hoogte:
Ongeveer 1,5 m. Kan aansienlik hoër word indien dit toegelaat word om teen voorwerpe op te rank.
Gehardheid:
Bestand teen ryp.
Voeding en besproeiing:
Redelik droogtebestand, maar groei baie vinnig indien genoeg water kry.
Voortplanting:
Stiggies.
Land van oorsprong:
China


