Apr 26th, 2010
Plant van die week – Worsboom (Kigelia africana)
Gewone naam:
Worsboom of ‘Sausage tree’.
Tuinplasing:
Die worsboom kan as ‘n eksemplaarboom aangeplant word. Besonder geskik as koelteboom.
Groeibeskrywing:
Medium tot groot bladwisselende (semi-bladwisselend in warm gebiede) skaduryke boom, met ‘n digte spreiende kroon. Groei redelik vinnig onder ideale omstandighede (droë matige winters, nat en warm somermaande).
Blare is omgekeerd eiervormig, saamgestel met twee tot vyf pare en een eindstandige blaartjie.

Blom vanaf Julie tot Augustus. Die blomme is rooi en sit in lang trosse. Die nektar lok ‘n verskeidenheid insekte en voëls.![]()
Kenmerkend is die groot worsvormige vrugte wat tot 75cm lank en 15cm in deursnit word. Die vrugte hang deur die somer aan die boom en val Maart/April af.
‘n Wondbedekking vir swere en wonde is voorheen van die vrugte voorberei. Die vrugte is nie eetbaar nie.

Hoogte en wydte:
10 x 10m
Gehardheid:
Nie rypbestand nie. Ligte ryp sal punte van takke seermaak, maar nie permanente skade aanrig nie.
Voortplanting:
Saad ontkiem maklik as dit in die lente gesaai word.
Voeding en besproeiing:
Plant in diep, vrugbare grond wat maklik dreineer. Gee genoeg water.
Land van oorsprong:



