Herfswenke vir die roostuin

Besproei die plante slegs in die oggend en maak seker dat geen water in die middag op die blare gespuit word nie. Indien die blare gedurende die herfs se koel nagte nat is kan Donsige skimmel (Downey mildew) ontwikkel. Donsige skimmel kan plante nou ‘n groot terugslag gee met die gevolg dat die plante volgende seisoen ‘n groot agterstand het.

clip_image002

· Special mix for Downey mildew:

Proplant or (Previcure N): 20ml per 10-liter water.

Latron B: 1ml per 10-liter water.

This program is based on the assumption that the amount of spray mix applied is approximately 800 to 1200 liter per hectare.

Kliek op die skakel hieronder vir alles wat jy wil weet oor die simptome, oordrag en beheer van Donsige skimmel.

http://www.florcom.co.za/?page_id=1805

  • clip_image004Gedurende die herfs is Swart vlek die mees algemene siekte wat in tuinrose voorkom. Vra gerus vir jou kwekery na die beste behandeling vir Swart vlek en spuit die plante gereeld.

Kliek op die skakel hieronder vir alles wat jy wil weet oor die simptome, oordrag en beheer van Swart vlek.

http://www.florcom.co.za/?page_id=1806

  • Gedurende die herfs begin roosplante in tuine afgaan en is baie tuiniers geneig om al die lelike takke uit te sny. Wees baie versigtig om nie nou te veel terug te sny nie. Indien jy nou terugsny sal jy die plant stimuleer om in die winter nuwe lote te maak met die gevolg dat die plante dan moeiliker in hulle winterrus sal oorgaan. Ogies wat gedurende die winter uitloop sal heel waarskynlik blinde lote wees (‘n blinde loot is ‘n steel wat nie ‘n blom op sy einde ontwikkel nie). Te veel terugsny gedurende die winter sal ook veroorsaak dat te veel blare verwyder word – fotosintese vind in hierdie blare plaas en te min blare sal veroorsaak dat die plant nie genoeg energie opbou vir volgende seisoen nie.

· Gebruik die blare in jou tuin om ‘n deklaag rondom jou roosplante te skep. Hierdie deklaag sal help om die grond klam en warmer te hou.

  • Moet nie gedurende hierdie tyd van die jaar die grond rondom die roosplante versteur nie. Beskadiging van die wortels sal nou baie nadelig vir die plante wees. Haal dus bossies met die hand uit en skoffel so min as moontlik met gereedskap wat die wortels kan bekadig.
  • Wees versigtig om gedurende die herfs nie te veel water te gee nie. Een of twee benattings per week behoort voldoende te wees.
Posted in: