Tuinwenke – Oktober

  • Strooi ‘n kunsmis met baie stikstof oor jou grasperke. ‘n Voorbeeld is 10 tot 15 gram 3:2:1(28) per vierkante meter (3:2:1kunsmis bevat 3 dele stikstof, 2 dele fosfaat en 1 deel kalium). Benat die gras dadelik na hierdie toediening.
  • Ver

    wyder al die bossies op die grasperk. Gebruik ‘n klein handvurkie. Selektiewe onkruiddoders mag eers gebruik word wanneer die gras aktief groei.

  • Dit is nou tyd om eenjarige blomplantjies vir die somer te plant (bv Impatiens).
  • Strooi ‘n kunsmis met baie kalium oor blom- en roosbeddings. ‘n Voorbeeld is 10 tot 15 gram 2:3:4(36) per vierkante meter (2:3:4kunsmis bevat 2 dele stikstof, 3 dele fosfaat en 4 dele kalium). Benat die bedding dadelik na hierdie toediening.
  • ‘n Groot verskeidenheid groente kan nou geplant word (Voorbeelde: aartappels, beet, eiervrugte, geelwortels, komkommers, kool, kropslaai, lemoenpampoentjies, pampoene, patats, skorsies, soetmielies, soetrissies, spinasie, tamaties en waatlemoen).
Posted in: